
=====================================================================
'n Omstrede veteraan bieg (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'n Omstrede veteraan bieg

  Johan van Wyk beken n groot sonde na 35 jaar as uitlokkende koerant-rubriekskrywer.     IN Christoffel Coetzee se bekroonde Afrikaanse 
roman, Op Soek na Generaal Mannetjies Mentz, oor die gruwels wat in die sterwensure van die Engelse Oorlog in die Oos-Vrystaatse berge teen 
sowel die Kakies as die Boere-verraaiers deur die sogenaamde "Wraakkommando" gepleeg is, raak die generaal di stelling kwyt:

"Herinnering is 'n soort wysheid wat sy eie foute uit die verlede reg skep waar ons hier en nou lewe. Op hierdie manier het herinnering te 
doen met oorlewing ..."

Soos die bankadvertensie van vroer gelui het: "Dit laat jou dink, n?" Veral gesien teen die agtergrond van die verdrukking waarin 
Afrikaans hom nou bevind.

Dit het my laat dink aan my eie foute ten opsigte van Afrikaans, spesifiek die suiwer, korrekte hantering daarvan in 'n joernalistieke 
loopbaan van 35 jaar by Naspers, onlangs afgesluit.

Laat ek eerlik wees, soos die bruin huisbediende (in die dae voor hulle "huishulpe" geword en voorstedelike Afrikaanse predikante ter wille 
van hul gewetes vir hulle biduurtjies in motorhuise gehou het, terwyl die gemaksugtige wit "miese" en "madams" op teepartytjies skinder). 
Na 'n sedeprekie oor aanstellerigheid het sy kinderlik opreg gebid: "Ag, Here, maak my tog asseblief plein, simpel en sonder sights !"

Laat ek in die gees hiervan eerlik erken dat ek, voor dit soos my kinders sou s op my "ge-dawn" het dat dit ongelooflik "common" is om jou 
"languages" te "mix", 'n eksponent by uitnemendheid was van hierdie morsigheid wat na ons groot "bevryding" aan die hand van die ANC -- wie 
se taalkundige "wraakkommando", onder die vaandel van "nation building", Engels nou in ons kele afdruk -- soos 'n skynbaar onkeerbare 
pessiekte onder Afrikaanstaliges gedy.

"Stop van Myne", met 'n pyp en oop tabaksak as logo (wat intussen gesneuwel het) as uitnodiging om van "myne te stop" in 'n tydvak toe 
pyprook 'n aangename sosiale gewoonte was, is 'n daaglikse rubriek in Die Volksblad in Bloemfontein.

As ek reg onthou, is dit in die jare dertig deur die befaamde taalkundige en woordeboekmaker wyle dr. L.W. Hiemstra begin en later deur 
onder andere die omstrede sensor wyle mnr. Jannie Kruger voortgesit.

In 'n informele geselstrant is geskryf oor koeitjies en kalfies (veral rare verskynsels soos kallers met twee koppe of ses bene), reuse-
boerpampoene of mieliekoppe; en staaltjies uit die Anglo-Boereoorlog -- toe nog vars in die geheue van baie oudstryders.

Uit de oude doos, kon jy maar s. Maar natuurlik in die beste, suiwer Standaardafrikaans met pynlik korrekte spelling en punktuasie soos 
dit geskoolde joernaliste onder die skerp, wakende oog van streng redakteurs betaam. "No nonsense". Laat staan nog 'n Engelse woord. Dit 
was 'n doodsonde wat tot ernstige berisping kon lei en meedonloos geweer is.

Toe kom ek in l974 op die toneel: jonk, begeesterd, vervaard; en as ek nou terugkyk ongelooflik naef.

In die beste tradisie van die huidige plaag van "bevryde" loslittigheid (die belangrikste rede vir die toenemende besoedeling van 
Afrikaans) hou ek my lyf "loshotnot" en skryf humoristiese, dikwels omstrede rubrieke, waarin niks en niemand ontsien word nie, deurspek 
met Engelse woorde, gesegdes en aanhalings. Asof ek my op di manier beter kon uitdruk.

Wonder bo wonder word dit deur die hirargie van Die Volksblad geduld. Selfs toe 'n ontevrede leser skryf en voorstel dat die rubriek se 
naam van die tradisionele "Stop van Myne" verander word in "Hef 'n Siegret". Ek word in my kwaad gesterk, want die briewe stroom in, die 
"sukkellasie" styg en ek kry lekker.

So het ek 'n "lekker" joernalis geword. Amper soos 'n "lekker" predikant wat saam bier drink en grappe vertel om die braaivleisvuur. Maar 
vandag weet ek dat ek, soos die sogenaamde Afrikaanse universiteite ("no names, no packdrill!") wat nou so gatoorkop slaan ter wille van 
"transformation" (lees verengelsing), aandadig was aan die gemeenskaplike moord op Afrikaans.

Anders as die Afrikaanse universiteite het my o betyds oopgegaan. Die nuwe Suid-Afrika het die skille, soos van die apostel Paulus s'n op 
die pad na Damaskus, afgeruk.

Ek weet nou daar is net n manier om Afrikaans te dien en dit is om dit suiwer en korrek te praat en te skryf. Vir my is dit nou te laat, 
want ek het die pen finaal neergel, maar ek sou die helfte van my koninkryk gee as hierdie "ontboeseming", hierdie -- met apologie aan een 
van my oud-redakteurs by Die Volksblad, Hennie van Deventer -- "Kroniek van 'n Koerantman" ten opsigte van sy kortsigtige foute en flaters, 
jong mense, veral opkomende Afrikaanse joernaliste, sou inspireer om ter wille van generaal Mannetjies Mentz se "oorlewing deur 
herinnering", die beste, suiwerste, keurigste Afrikaans denkbaar te praat en te skryf.

Om soos die duiwel vir 'n slypsteen weg te vlug van die brouselagtige gebrabbel wat nou soms vir Afrikaans deurgaan en van die kansel deur 
die klaskamer tot by die kerkhof gebesig word. Dikwels deur hoog aangeskrewe, geleerde mense -- onder wie selfs sommige pretensieuse 
Afrikaanse skrywers en digters wat blykbaar moeite doen om 'n Engelse eiertjie te l. Meestal totaal ongevraag en onnodig.

Mag die skille, bygestaan deur die Stigting vir Afrikaans op wie daar in di opsig 'n geweldige opvoedingstaak wag, spoedig ook van hulle 
o geruk word.

Soos ou Willem Tieties hier by my op die plaas woedend vir Boetietjie geskrou het toe hy weer die kraalhek laat oopl en die kallers die 
koeie die soveelste keer uitgesuip het:

"Jy moet jou donnerse o nou oopmaak, vreksel!"

Johan van Wyk is afgetrede skrywer van "Stop van Myne" in Die Volksblad.

Skets van Johan v Wyk



Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6311.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

